PROESELTJIES STORIELEKKERTE 1 (Voorheen: OMNIBUS 1): 1 Drumpel; 2 Dertien; 3 Boef met vlerkies; 4 Afspraak (Proeseltjies Storielekkerte  (Voorheen: Omnibus)) (Afrikaans Edition)

PROESELTJIES STORIELEKKERTE 1 (Voorheen: OMNIBUS 1): 1 Drumpel; 2 Dertien; 3 Boef met vlerkies; 4 Afspraak (Proeseltjies Storielekkerte (Voorheen: Omnibus)) (Afrikaans Edition)

Product ID: B00N8BEG6C Condition: New

No Stock / Cannot Import

Product Description

PROESELTJIES STORIELEKKERTE 1 (Voorheen: OMNIBUS 1): 1 Drumpel; 2 Dertien; 3 Boef met vlerkies; 4 Afspraak (Proeseltjies Storielekkerte (Voorheen: Omnibus)) (Afrikaans Edition)

OMNIBUS 1 is ‘n leesfees. Dit bevat 4 van Annico van Vuuren se liefdesverhale vol spanning, wroeging en uiteindelike genade.

1 DRUMPEL:
‘n Storie wat elke leser aan die hart gaan raak: Sy is ‘n vondeling – sonder iemand as pap baba koud en onversorg op die weeshuisdrumpel gelaat, en al is haar lewe vol, bly sy in haar gemoed sonder ‘n plek van haar eie. Kan die man van haar hart haar oor die drumpel help tot binne by hom?

2 DERTIEN
Om weer dertien te wees! Vir hom die eerste skokkende en roerende prikkels van sensualiteit. Sal hy dit kan oorleef?

3 BOEF MET VLERKIES
‘n Hoogspannings aksieverhaal – propvol romanse en liefde.
Elrica gaan hou in die Maluti’s vakansie om ‘n netelrige situasie rondom haar verbreekte verlowing te ontkom. Hier beland sy in ‘n bizar maar skokkende situasie waar sy deur ‘n bende smokkelaars aangehou word. Geweld en wellus laat haar lewe van oomblik tot oomblik aan ‘n draadjie hang waar sy magteloos in haar draadhok opgesluit is.
Is Drich, een van die boewe, haar grootste bedreiging – hy wat haar in ‘n kaartspel wen as syne vir ‘n nag of twee? Of is hy dalk haar boef met vlerkies?
En wat is dit wat hom dryf in sy donker wêreld van frustrasie, geweld en eensaamheid?
Kan liefde oorwinning bring?

4 AFSPRAAK
Afspraak is verhaal wat aan die hart raak. Kan een nag van saamwees in ‘n grot in ‘n berg ná ‘n lewensgevaarlike en skokkende ondervinding, jare later nog ‘n wesentlike impak op Jan en Leen hê? Dalk net as die ontmoeting die alledaagse kon afstroop en tot op die been kerf?
Versukkelde, diepbeproefde Leen reageer op ‘n beriggie in ‘n koerant omdat sy reken dat dit deur Jan geplaas is – ‘n vergete belofte tussen hulle: ‘n afspraak wat op ‘n roep om hulp dui.
Jan, besig om te knoei, wat die beriggie om ander redes geplaas het, vind Leen, op sy drumpel, ‘n irriterende verleentheid. En tog…
Lees van die diep impak op altwee gemoedere.

Technical Specifications

Country
USA
Author
ANNICO VAN VUUREN
Binding
Kindle Edition
Format
Kindle eBook
IsAdultProduct
Label
Annico van Vuuren
Manufacturer
Annico van Vuuren
NumberOfPages
165
PublicationDate
2014-09-01
Publisher
Annico van Vuuren
ReleaseDate
2014-09-01
Studio
Annico van Vuuren